Hou ‘n spasie vir dié stasie

Kom ervaar sitrus soos nog nooit tevore nie!

Hierdie interessante uitstalling word moontlik gemaak deur die ATKV in samewerking met die wonderlike vrugte van die pragtige Sondagsriviervallei.

Besigtig al die verskillende variëteite en proe ook hoekom die Vallei bekendheid verwerf het vir sy sitrus.

Uitsoeksitrusvrugte sal natuurlik te koop wees ‒  kom vul gerus jou eie drasakkie met ’n mengelmoes sitrusvrugte van jou keuse.

Jy kan verder jou merk op ons graffitimuur maak, ’n foto saam met ons sitrusmannetjies  neem, hoor watter Afrikaanse idioom as die beste bekroon word of sommer net ontspan saam met soga op ons sofa.

En net om alles af te rond kan jy by die ATKV-lemoenstasie gratis demonstrasies bywoon en eerstehands ervaar hoe topsjefs sitrusgeregte voorberei.

Met wenke van die bekroonde ATKV-Afrikoon en sjef Francois Ferreira en Annelie Oosthuizen gaan jou sitrusgeregte voortaan kook!

Sessies vind soos volg plaas:

Vrydag 15:00,

Saterdag 11:00 asook 15:00

Sondag 11:00.

Hou dus op jou Wildsfeeskalender ’n spasie ‒ net vir jou besoek aan die ATKV-stasie.