|
Oesters
bly vir baie mense 'n gewaagde eetding, maar raak jy hom gewoond, raak jy
ook maklik verslaaf.
Natuurlik kry 'n mens hulle moeilik varser as hier, en watter beter plek om
hulle te geniet as net hier by die Oesterboks in Kirkwood se Wildsfees?
Die beste manier om 'n oester te eet, is rou, met 'n skeutjie Tabasco-sous,
suurlemoensap en swartpeper. En soos met ander seekos, is 'n glas yskoue wit
wyn die beste manier om dit af te sluk.
As 'n mens oesters egter ten beste wil geniet, moet 'n bottel sjampanje
byderhand wees.
OESTERS lewe op die seebedding langs kuslyne en inhamme waar die water stil
en nie te diep nie en die klimaat mild tot tropies is, soos dele van Europa,
Noord-, Sentraal- en Suid-Amerika, die Verre Ooste, Australië en Afrika.
Die benaming “oester” geld vir ’n aantal tweekleppige weekdiere (skulpdiere
met ’n tweeledige skulp), hoewel die enigste ware oesters dié is wat behoort
tot die Ostreidae, soos die Europese tafeloester Ostrea edulis en
Suid-Afrika se kommersiële Crassostrea margaritacea.
Mense geniet reeds oestervleis sedert die gryse verlede. Die antieke Romeine
was so versot daarop dat hulle Britse oesters na Rome ingevoer en hulle
uiteindelik self langs die kus op oesterplase begin kweek het.
Oesters is vandag steeds een van die gewildste seekosse en daar is talle
kwekerye węreldwyd waar die toestande daarvoor gunstig is. Suid-Afrika het
min geskikte kalm inhamme, maar hier het oesterverbouing ook al tot ’n hele
kuns in sekere lagunes ontwikkel.
Interessant genoeg, kom oesters nie natuurlik in die Knysna-strandmeer voor
nie, maar word ook gekweek by Port Elizabeth se eie Oesterplaas.
Oesterboere teel die oesters in oesterbeddens en plaas hulle dan oor in
beskermende hokke waarin hulle kan groei. Wanneer die oesters sowat drie
jaar oud is, plant vaardige werkers klein stukkies perlemoen of mosselskulp
binne-in die skulp. Die oesters word dan in die water teruggeplaas, in
draadhokke naby die kus.
Twee keer per jaar ondersoek werkers die hokke om die seegras te verwyder en
klouskulpe van die oesters se skulpe af te haal. Die diere se vordering word
noukeurig aangeteken.
Dit is dus nie verbasend dat oesters die spyskaart oorheers nie, pryse is
billik, net R10 elk vir gekweektes.
Geen seekosontdekkingstog is afgehandel sonder 'n besoek aan die Oesterboks
nie.

 |