• Menu
  • Skip to primary navigation
  • Skip to main content

Before Header

  • Email
  • Facebook
  • Instagram
  • RSS
  • Twitter

SPAR Kirkwood Wildsfees 2022

Heeltyd Speeltyd

  • Home
  • Addo
    • Auction: Hyena Capture- AENP
  • Stall Application
    • General Rules and Conditions for All Stallholders
  • Media
  • Contact Us
  • Search
  • Home
  • Addo
    • Auction: Hyena Capture- AENP
  • Stall Application
    • General Rules and Conditions for All Stallholders
  • Media
  • Contact Us
  • Search
SPAR Kirkwood Wildsfees 2022 > Whats happening > 2021 > Kirkwood Wildsfees reageer op president se COVID-19 versoek

Kirkwood Wildsfees reageer op president se COVID-19 versoek

Die Kirkwood Wildsfees gaan oorstaan na Junie 2022 ter ondersteuning van die regering se pogings om die verspreiding van COVID-19 in te kort, het Paul Marais, voorsitter van die feesraad, gesê.
“Ons gee gehoor aan die beroep wat president Cyril Ramaphosa tydens sy toespraak op 11 Januarie op die nasie gedoen het – naamlik dat geslote ruimtes, skares in gekonsentreerde gebiede en nabye fisieke kontak met ander – vermy moet word.
“Hoewel die Kirkwood Wildsfees grotendeels ‘n buitelugfees is, wil ons nie die gesondheid en lewens van die nagenoeg 45 000 besoekers, asook die mense wat in die Sondagsriviervallei woon en werk, op die spel plaas nie.“ verduidelik Marais.
Die 2020 Kirkwood Wildsfees was ingevolge die COVID-19 regulasies uitgestel.
Marais is vol vertroue dat 2022 se fees sal plaasvind oor die naweek van Junie 24 tot Junie 26.
“Ons het al die nodige stappe gedoen vir n sterk finansiële grondslag en om die organisasie se kernspan die volgende paar maande toegewyd aan boord te hou.
“Danksy die ondersteuning van ons naam-borg, SPAR Oos-Kaap, is ons in staat om kernfunksies tot November vanjaar in stand te hou. Teen November behoort dit duidelik te wees of die inentingsprogram die getal virus-infeksies laat daal het en of feeste in 2022 weer aangebied sal kan word.
“Indien ons volgende jaar wel kan voortgaan, sal dit een van die bestes ooit wees, en ons verwag dat ons ‘n beperking op die getal beskikbare kaartjies vir elke dag sal moet plaas,” sê Marais.
‘n Keur van Suid-Afrika se beste kunstenaars is reeds vir 2022 bespreek.
Met die kansellasie van die 2020-fees, is ooreengekom dat die gekontrakteerde kunstenaars die deposito’s, wat reeds aan hulle betaal is, kan hou op voorwaarde dat hulle dan in 2021 by die fees sou optree. Hierdie ooreenkoms rol nou oor na 2022 vir die kunstenaars wat hulle nog by die ooreenkoms wil hou.
Die afsnydatum vir ‘n finale besluit vir 2022 se Kirkwood Wildsfees is op 30 November vanjaar om sodoende die integriteit van die organiseeders, betrokke besighede en die inwoners van die Sondagsriviervalle in plek te hou.
“Die fees is gemeenskapsbesit,” verduidelik Marais, “die raad is saamgestel uit die top sake- en gemeenskapsleiers van die vallei wat vrywilliglik hul tyd en kundigheid beskikbaar stel aan die fees.”
Die deposito’s wat die stalletjiehouers vir die 2020-fees betaal het, en wat steeds streng eenkant gehou word, sal in Desember terugbetaal word indien die besluit weens omstandighede geneem moet word om die feesmaatskappy finaal te sluit.
“Ons het genoeg geld in die bank om al ons finansiële verpligtinge na te kom en sodoende ‘n goeie feeserfenis na te laat wat eendag in die toekoms weer op die been gebring kan word,” aldus Marais.

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • WhatsApp

Related

Tel die dae tot die groot kuier

-614Dae -17Uure -52Minute -24Sekonde
Previous Post: « 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees held over to 2021
Next Post: Kirkwood Wildsfees responds to government call to limit Covid-19 infections »

Copyright © 2021 · SPAR Kirkwood Wildsfees · Site: Reach Trust · Content: Siyathetha