|
• Absa het in 2002 ʼn
vennootskap met die Kirkwood Wildsfees aangegaan toe hulle geld geskenk het
aan die inwydingsgeleentheid, wat om die veiling van wild gewentel het.
• Absa het vanaf die begin
jaarliks aan die fees deelgeneem.
• Absa het ʼn
driejaar-benoemingsregtekontrak vir die tydperk van 2008-2010 geteken en die
fees het as die Absa Kirkwood Wildlife Festival/Wildsfees bekend begin staan.
• Die fees is gebaseer op die
sleuteldryfvere van bewaring, ekotoerisme, opvoeding en natuurlewe.
• Die fees het ʼn Raad wat
deur plaaslike Kirkwood sakeman, Paul Marais, bestuur word.
• Die fees word hoofsaaklik
deur vrywilliges deur ʼn Artikel 21- (sonder winsoogmerk) maatskappy bestuur.
Dit is ontwikkel rondom ʼn jaarlikse wildsveiling wat, as gevolg van die
goeie gehalte wild en die siektevry buffels van die Addo Olifant Nasionale
Park wat te koop is, kopers van regoor die land en naburige state lok.
• Feesbesoekersverkeer het
toegeneem met 38 000 wat in 2010 getel is. Dit beteken dat die aantal
besoekers van ongeveer 3 000 in 2002 tot meer as 38 000 in 2010 gegroei het.
• Baie
gemeenskapsorganisasies en individue het baat gevind by die gesamentlike
Korporatiewe Maatskaplike Investeringsinisiatiewe (KMI) tussen Absa en die
Wildsfees. Absa het in 2009 rolstoele aan gemeenskapslede tussen die
ouderdom van 2 en 88 geskenk en het ook items wat broodnodig was aan
bejaardes en weeskinders in die Sondagsriviervallei geskenk.
• In 2010 het die veiling ʼn
omset van R10,8 miljoen gegenereer, wat dit een van die top drie
wildsveilings in Suid-Afrika maak.
• Die fees bied meer as 300
spesialisstalletjies, wat wissel van kookdemonstrasies, wynproe,
avontuurritte tot lewendige vermaak deur topvermaakpersoonlikhede op die
grootste opelugverhoog in die Oos-Kaap, om ʼn paar te noem.
• Die fees is in vennootskap
met die Parkeraad en dien dus as katalisator en platform vir werkskepping
deur die bevordering van toerisme in die Sondagsriviervallei. Bewustheid oor
die behoefte om ons natuurlike erfenis te bewaar, word regdeur die
feesuitstallings, natuurlewekonferensie en stalletjies wat te sien is,
geskep.
• Die lokaal is in digte
valleibosveld geleë, wat help om die samewerking met die Spekboom Stigting
vir die plant en rehabilitasie van hierdie plant te fasiliteer.
• Die fees streef daarna om ʼn
groen geleentheid in die Oos-Kaap te wees en het die nodige maatreëls in
plek om aan die gestelde kriteria te voldoen. ʼn Vennootskap is met Sappi
daargestel ten opsigte van hul oorlog teen vermorsingveldtog (war on waste
campaign).
• Die fees neem ook die
gestremdes in ag en het seker gemaak dat die terrein rolstoelvriendelik is –
een van die min feeste in Suid-Afrika met ʼn rolstoelvriendelike beleid.
• Fondse wat deur die fees
gegenereer is, onderhou die Sondagsriviervallei-toerismekantoor en
ondersteun ook ʼn aantal gemeenskapsliefdadigheidsorganisasies en -inisiatiewe.
|