• Menu
  • Skip to primary navigation
  • Skip to main content

Before Header

  • Email
  • Facebook
  • Instagram
  • RSS
  • Twitter

SPAR Kirkwood Wildsfees 2021

Heeltyd Speeltyd

  • Home
  • Addo
    • Auction: Hyena Capture- AENP
  • Stall Application
    • General Rules and Conditions for All Stallholders
  • Media
  • Contact Us
  • Search
  • Home
  • Addo
    • Auction: Hyena Capture- AENP
  • Stall Application
    • General Rules and Conditions for All Stallholders
  • Media
  • Contact Us
  • Search
SPAR Kirkwood Wildsfees 2021 > Whats happening > 2021 > 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Ná deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om nié die 2020-fees weens die wêreldwye uitbreek van die COVID19-virus aan te bied nie “Maar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwoods Wildsfees wat oor die naweek van 25 – 27 Junie aangebied sal word,” sê Jenni Honsbein, feesdirekteur.
“Dit was n baie moeilike besluit om te neem,” sê Paul Marais, voorsitter van die Wildsfees.
“Hoewel die Wildsfees se beplande datums buite die periode van pres. Cyril Rampahosa se verbod op openbare samekomste val, is besluit dat die aanbieding van die 2020-Wildsfees ‘n te groot risiko vir te veel mense sal inhou.
“Dit sluit in die duisende werkers wat in een van die beste sitrusproduksiejare nog, die vrugte moet pluk en verpak.
“Ons borge het volle begrip vir ons besluit en ondersteun dit ook. Talle het hulle al verbind tot die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees,” voeg Marais by.
“As naamborg van die SPAR Kirkwood Wildsfees, ondersteun ons die kansellasie van die 2020 Wildsfees ten volle,” sê Alan Stapleton: aankopebestuurder nie-bederfbares, borgskappe en geleenthede van SPAR Oos-Kaap.
“Hoewel die Wildsfees baie belangrik is vir die Kirkwood-gemeenskap, is die risiko net te hoog vir alle rolspelers – die kunstenaars, stalletjiehouers, diensverskaffers, feesgangers, en vele meer – om daarmee voort te gaan.
“Ons prys die feesbestuur vir hul toewyding om ‘n wen-wen-stuasie vir almal te probeer skep.
“Kom ons bly almal positief onder die huidige omstandighede met die wete dat ook dié krisis verby sal gaan en dat die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees nóg groter en beter as ooit tevore sal wees,” sê Stapleton.
Volgens Marais het die Wildsfees, in trotse gemeenskapsbesit, genoeg geldelike reserwes opgebou, juis om dit deur ‘n uitdagende periode te kan neem.
“Ons kon dit doen omdat die Wildsfees, as ‘n nie-winsgewende organisasie, se fokus op volhoubaarheid en die beste belang vir die inwoners van die Sondagsriviervallei is,” sê Marais.
Omdat die meeste van die kunstenaars, wat al lankal vir die fees bespreek is, ‘n uitdagende jaar tegemoet gaan, het die Wildsfees-bestuur besluit dat hierdie kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is. Die enigste voorwaarde hieraan verbonde is dat hulle ‘n nuwe kontrak vir hul optrede vir 2021 se Wildsfees moet onderteken.
Net so sal daar aan stalletjie-eienaars, wat reeds hul deposito’s betaal het, die opsie gegee word om hul deposito (minus BTW) terug te kry, of om hul bespreking vir 2021 se Wildsfees teen dieselfde koste as dié van 2020 te hou.
“Hierdeur is dit n wen-wen situasie vir almal. Ons vertrou dat die gasvryheidsbedryf van die Sondagsriviervallei en Addo die nodige insig vir die groter prentjie sal toon en óf die deposito’s op besprekings vir verblyf sal terugbetaal, of om dié besprekings na volgende jaar oor te dra,” sê Marais.

Nuusvrystelling vir die SPAR Kirkwood Wildsfees.
Deur: Siyathetha Communications
Kontak: Wildsfees: Jennifer Honsbein: 042 2300066
Siyathetha: Ed Richardson: 041 5823750/083 656 9757

Share this:

  • Twitter
  • Facebook
  • WhatsApp

Related

Tel die dae tot die groot kuier

-576Dae -12Uure -24Minute -44Sekonde
Previous Post: « Best value fun-filled weekend for the whole family at Wildsfees 2020
Next Post: 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees held over to 2021 »

Copyright © 2021 · SPAR Kirkwood Wildsfees · Site: Reach Trust · Content: Siyathetha